top of page

STIMULASIE BY DIE SKOOL

Is jy 'n kleuterskool juffrou wat opsoek is na duidelike riglyne om seker te maak julle skoolkinders ontvang ouderdom toepaslike stimulasie?  Dan is Exito net vir jou.

Exito het vir elke jaargroep van 1-6 jaar 'n stimulasie program uitgewerk wat basies bestaan uit 'n aktiwiteitsboek en 'n mylpaalboek vir elke jaargroep.

Die hoofdoel vir die implementering van so ‘n program is om optimale ontwikkeling te stimuleer.  Die program bevat dus aktiwiteite vir die stimulering van grofmotoriese, fynmotoriese, sensoriese en perseptuele ontwikkeling. Daar is aktiwiteite vir 40 weke van die jaar.

 

In die eerste jaar van ‘n kind se lewe ontwikkel hy ongelooflik baie in al die areas.  Aangesien die mylpale in die eerste 12 maande so baie verskil en verander van maand tot maand,  is daar afsonderlike mylpale en aktiwiteite vir elke maand van 4 tot 9 maande, 10 en 11 maande gekombineer en vir 12 maande uiteengesit.  

 

Die twee jarige groep het mylpale vir 15 maande, 18 maande, 2 jaar 0 maande en 2 jaar 6 maande.  Elke kind kan dus goed op sy ontwikkelingsvlak gemonitor word. Vanaf driejaar tot 6 jaar is daar evalueringsafmerklyste vir Maart, Junie en Novembermaand wat saamgestel is uit die mylpale vir daardie ouderdomme.    In die program is daar moontlikhede vir op-en afgradering by elke aktiwiteit ingesluit om te verseker die kinders behaal sukses.  Riglyne rakende aanbieding,  aanpassing moontlikhede en voorsorgmaatreëls word ook vervat.

Daar word afmerklyste verskaf waarop aktiwiteitsevaluering weekliks ingevul kan word om die kind se deelname deurlopend te monitor.  Die inligting kan aan die einde van ‘n kwartaal gebruik word om die kind se mylpaalafmerklys vir Maart, Junie of November te voltooi.  Junie en Novembermaand se afmerklyste  bevat dieselfde mylpale.  Daar kan dus reeds in Junie gesien word waaraan daar nog aandag gegee moet word, sodat die kind die nodige mylpale bereik om oor te gaan na die volgende jaargroep.  Die kind kan dus in Junie nog meestal op ‘n vlak twee presteer wat voldoende is, want daar is steeds geleentheid vir verdere ontwikkeling,  sodat hy aan die einde van die jaar die doel kan bereik om op ‘n vlak drie te presteer.  
 

Die voordeel van so ‘n program is dat dit 'n maklike en doeltreffende sisteem vir juffrou bied om 'n kind se vordering te monitor en dus kan moontlike ontwikkelingsagterstande reeds vroeg geïdentifiseer word, aangespreek word en moontlik latere skool probleme voorkom word.  

Indien u belangstel kontak ons gerus. 

© 2014 Marianne Kotze en Cecile Nieuwoudt. Proudly created with Wix.com

bottom of page