top of page

WELKOM

Die doel Éxito is om reeds op ’n vroeë ouderdom te

verseker dat kinders se ontwikkelingsfondamente sterk vasgelê

word sodat hulle die nodige vaardighede sal hê wanneer hulle skool

toe gaan en dat die fondamente gebruik kan word om verdere sukses op te bou.  

 

Vandaar ook die naam Éxito, Spaans vir “sukses”. Die Éxito gee dus die kind die benodigdhede om die wedren van die lewe te begin hardloop. Dus die leuse “Op jou merke, gereed, gaan!" na sukses.

 

Kinderontwikkeling het soveel verskeie areas en aspekte wat interafhanklik is van mekaar, daarom bied Éxito 'n breë area van stimulering vir optimale ontwikkeling. Soos gesien kan word

in die logo, Éxito, word daar aandag gegee word aan die stimulasie

van grofmotoriese-, fynmotoriese-, sensoriese en perseptuele vaardighede.

Wie is ons?

Marianne Kotze

Marianne is getroud en verwag haar eerste besige by.  Sy bedryf haar eie privaat Arbeidsterapie praktyk in die Groblersdal omgewing.  Sy werk met babas tot skoolgaande kinders.

Cecile Nieuwoudt

Cecile is getroud en woon op die platteland in die Cederberg distrik.  Sy het haar eie privaat Arbeidsterapie praktyk wat kinders van verskeie ouderdomme ondersteun met ontwikkeling.

© 2014 Marianne Kotze en Cecile Nieuwoudt. Proudly created with Wix.com

bottom of page