top of page

GETUIENISSE

Die EXITO program word voluit gevolg in my dagprogram by die 3-4jaar klas. EXITO is ‘n program wat die kleuters baie goed toerus en wat my as onderwyseres baie gehelp het.

Omdat Exito deur arbeidsterapeute saamgestel is word elke vlak van ontwikkeling volledig behandel en bemeester. Die oefeninge word behandel en gedemonstreer  en sodoende bemeester. Die oefeninge en akademiese ontleding in die program is baie goed en ek kan die program met graagte aanbeveel. Indien die program gevolg word is jy verseker dat alle kognitiewe, konsentrasie, persepsie , ruimtelike orientasie , fyn- asook groot motoriese probleme vroeg aangespreek kan word, waarna daar meer intens met kleuters afsonderlik gewerk kan word.

EXITO is ‘n groot aanwins by ons skool en rus ons as onderwysers asook die kleuters toe met kennis.

RALINE PRETORIUS, ONDERWYSERES 3-4 JAAR, KLOUTER KLITSIES – GROBLERSDAL

© 2014 Marianne Kotze en Cecile Nieuwoudt. Proudly created with Wix.com

bottom of page